ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool

Meer as net 'n skool

 

Atletiek

Marlow beleef ‘n uitstekende jaar op die atletiekbaan met net meer as ‘n 100 atlete wat deelneem aan die Cradock Sone byeenkoms op Cradock.

 

By dié byeenkoms oorheers Marlow met gemak en 61 atlete dring deur na die Cradock Distrikte byeenkoms.

 

By die Cradock Distrikte byeenkoms lewer Marlowatlete weereens hul beste en verower 43 medaljes (18 goud; 16 silwer en 9 brons).

 

Ambesa “Kwagga” Zenzile beïndruk die skare met sy tyd van 50.18 sekonde vir die 400m wat vir hom goud verseker by die byeenkoms.

 

Na die skittervertoning by Cradock Distrikte word 39 van Marlow se atlete gekies om die daaropvolgende naweek aan die Mega Distrikte byeenkoms deel te neem.

 

Hier wen Marlow ‘n totaal van 27 medaljes (10 goud, 10 silwer en 7 brons) en word 24 van die 39 atlete gekies om die Chris

 

Hani Distrik in Port Elizabeth te verteenwoordig by die Oos-Kaap Skoleatletiekbyeenkoms.

 

Die kompetisie by die Oos-Kaap Skoleatletiekbyeenkoms is uiters straf, maar Marlow kry dit nog steeds reg om 6 medaljes (4 brons en 2 silwer) huis toe te bring.

 

Marlow is baie trots op Gerhard “Pote” du Plessis wat vir beide diskus en gewigstoot silwer medaljes verower het en dan ook kwalifiseer het om die Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek Kampioenskappe te verteenwoordig.

 

 

WEB DEVELOPMENT BY