Deel van die uniekheid van Marlow is die feit dat al die seuns in die koshuise woonagtig is. Dit het tot gevolg dat daar ‘n gesonde samehorigheid onder die Wolramme bestaan wat nie moontlik sou wees indien daar dagskoliere ook op kampus sou wees nie.
Marlow spog met drie koshuise wat sedert die begin van 2015 opgegradeer word:

Huis Sarel Brandt, wat vernoem is na `n voormalige skoolhoof, bied huisvesting vir die gr. 11 en 12 leerders van die skool.

Huis Willie Michau huisves die gr.8 en 10’s en is vernoem na `n voormalige voorsitter van die skool se beheerliggaam (In daardie tyd die adviserende raad). Hierdie koshuis is in 1952 deur brand verwoes en daarna herbou sodat dit vandag 140 leerders kan huisves.

Die Braam Mulder Anneks wat in 1998 in gebruik geneem is huisves die gr. 9’s.

‘n Tipiese dag in `n Marlow-koshuis sal soos volg verloop:

6:00 Opstaan
6:20 Stiltetyd in Huis Sarel Brandt en ontbyt vir Huis
Willie Michau
6:45 Ontbyt vir Huis Sarel Brandt en stiltetyd in Huis
Willie Michau
7:00 Verlaat koshuis

12:20 Middagete vir Anneks en HSB (Tydens eerste pouse)
13:40 Middagete vir HWM

17:40 Aandete: HWM
18:05 Aandete: HSB en Anneks

19:00 Studie 1 tot 20:00
20:15 Studie 2 tot 21:15
21:25 Kamerinspeksie
21:40 Stiltetyd
21:50 Ligte uit
Kontak ons

Telefoon:  048 881 3121

Faks:  048 881 3192

Epos adres:  marlow@isat.co.za

Pos adres:  Posbus 40, Cradock, 5880

GPS Koordinate: S 32°6,19’ ; E 25°35,22’

Maand se gebeure


Onlangse Gebeure


Belangrike Inligting