Marlow se krieket het die 2014/2015 seisoen van krag tot krag gegaan. Die skool het soos gebruiklik sy twee O/15-spanne, tweede span en die eerste span in die veld gestoot. Marlow se O/15B-span speel in dieselfde liga as die A-span en weeg baie goed op teen die ander skole se A-spanne. Hierdie jaar was geen uitsondering nie en het die span selfs van die ander skole se A-spanne op hul neuse laat kyk. Die O/15A-span, onder leiding van mnr Jaco Beukes, speel belowende krieket maar verloor kritieke wedstryde. Hierdie span het baie potensiaal en spelers wat nog goed kan doen in skolekrieket.
In September het Marlow weereens ‘n baie geslaagde 6-aan-‘n-kant kriekettoernooi aangebied. Dit was die agste toernooi vir onder 15-spanne en 6 skole het deelgeneem. Marlow se B-span speel baie goed teen ander skole se A-spanne en word eers in die halfeindronde uitgeskakel. Marlow se A-span is onoorwonne in die toernooi en wen dit vir die sesde keer.
Marlow se tweede span speel in die Winterberg eerste liga. Die spelers lewer goeie kwaliteit spel en daar word gereeld goeie lopies deur die Marlow kolwers geslaan. Die boulers lewer ook goeie spel en spanne is baie goedkoop uitgehaal.
Marlow se eerste span is ‘n baie trotse span wat kan terugkyk op ‘n puik seisoen. Hierdie span speel in die volgende ligas: Die Middellande Skole liga, die Winterberg Senior liga asook die Nasionale pro 20 reeks. Hulle neem ook deel aan die Pearson krieketfees, Despatch pro 20 toernooi en Union High cricket festival.

Kontak ons

Telefoon:  048 881 3121

Faks:  048 881 3192

Epos adres:  marlow@isat.co.za

Pos adres:  Posbus 40, Cradock, 5880

GPS Koordinate: S 32°6,19’ ; E 25°35,22’

Maand se gebeure


Onlangse Gebeure


Belangrike Inligting