Marlow is voorwaar trots op sy rugby. Die skool glo daarin dat ons enige speler, wat ‘n passie vir die spel het, ontwikkel tot sy volle potensiaal. Die skool met sy 200 seuns reis elke jaar duisende kilometers om kompeterende rugby te speel. As skool streef ons om teen net die beste opponente te speel.
Marlow het hierdie jaar 12 rugbyspanne. Dit sluit in vyf senior spanne, drie 0/16 spanne, twee 0/15 spanne en twee 0/14 spanne. Die skool is ook bevoorreg om 16 doelgerigte afrigters te kan hê.
Daar is geen skool in OP Platteland wat met Marlow kan kompeteer op die rugbyveld nie. Die skool lewer die meeste provinsiale spelers elke jaar in die OP Platteland op. Marlow spog met 28 provinsiale spelers vir die afgelope drie seisoene.
Marlow se eerste span neem jaarliks deel aan King Edward en Oakdale se Paasfees toernooie. Die Wolramme se 0/16 span word ook elke jaar uitgenooi na die gesogte Paarl Gimnasium 0/16 toernooi en ons 0/15 spanne onderneem in die Junievakansie ‘n toer na die Suid-Kaap.
Marlow het in 2013 die 19de plek beklee op die FNB ranglys vir rugbyspelende skole in SA. Die Wolramme is dan ook die huidige kampioene van die Burger rugbykompetisie. Marlow het Paarl Boys High verlede jaar 11-10 in die Burger Skole kompetisie finaal geklop.

O/13 Rugbyweek 

Marlow het in die Aprilvakansie die 23ste 0/13 Rugbyweek aangebied. Vier en dertig skole vanoor die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Suid-Kaap, Vrystaat en Boland het die week bygewoon en is baie tevrede terug huis toe. Hierdie week het deur die jare gegroei tot die grootste van sy soort in Suid-Afrika. Nie net bly dit die grootste fondsinsamelingspoging van die skool nie, maar het die week die afgelope drie jaar ontwikkel in ‘n goeie bemarkingspoging vir die skool. 

Die O/13 Rugbyweek het die afgelope ses jaar goeie blootstelling op SuperSport gehad en die skool se naam is baie wyd uitgedra oor die hele land. Santam Landbou het weer hierdie jaar opgetree as mediaborg en het vir ‘n  groot finansiële inspuiting in die week gesorg. 

Die O/13 Rugbyweek is ‘n spanpoging deur ‘n groot aantal personeellede en ouers van Marlow. Sonder hulle baie harde werk, geduld, opofferinge en die liefde waarmee hulle hierdie taak vir Marlow aanbied, sal die week nie meer kan bestaan nie.



Kontak ons

Telefoon:  048 881 3121

Faks:  048 881 3192

Epos adres:  marlow@isat.co.za

Pos adres:  Posbus 40, Cradock, 5880

GPS Koordinate: S 32°6,19’ ; E 25°35,22’

Maand se gebeure


Onlangse Gebeure


Belangrike Inligting