Swem

Swem raak elke jaar meer en meer gewild op Marlow. Vir die laaste paar jaar het seuns aan galas in Uitenhage en PE begin deelneem en tydens die jaarlikse Karoo-gala het die skool sy stempel afgedruk.

Vir die afgelope drie jaar is daar ‘n oplewing in hierdie sport in die skool en die skool se swemspan beskik reeds oor meer as 30 swemmers.

Tweekamp

Marlow se tweekamp is kerngesond en een van die vier groter somersporte by die skool. Ongelukkig speel die klimaat en seisoene ‘n groot rol in die sport en is dit tot aan die einde van Oktober nog te koud vir die seuns om werklik met swemoefeninge te begin. Dit maak die sport vir die seuns soveel meer uitdagend en die ±40 seuns wat elke jaar tweekamp doen, geniet dit geweldig baie. Die seuns neem jaarliks aan verskeie interprovinsiale byeenkomste deel en sien sodoende ook ander interessante dele van ons land. Doen tweekamp en sien die wêreld! Marlow het ook vir die afgelope sewe jaar die Interskole beker in die OP gewen as beste tweekamp skool in hierdie provinsie.

Kontak ons

Telefoon:  048 881 3121

Faks:  048 881 3192

Epos adres:  marlow@isat.co.za

Pos adres:  Posbus 40, Cradock, 5880

GPS Koordinate: S 32°6,19’ ; E 25°35,22’

Maand se gebeure


Onlangse Gebeure


Belangrike Inligting