ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool

Meer as net 'n skool

 

Oudskoliere

Die Oudskoliere Unie wil graag van die geleentheid gebruik maak om alle oudskoliere, ouers en vriende van Marlow te bedank vir hul ondersteuning, hulp en lojaliteit aan die unie maar ook aan die skool.

 

Die unie is nou betrokke by die skool se aktiwiteite en ondersteun die skool oral waar dit moontlik is.

 

Daar word nog deurgaans aandag gegee aan die verbetering van die klubhuis.

 

Daar is nou ook ‘n TV by die braaiplek aangebring en kasdeure by die wasbak aangesit. Die klubhuis bly die gesamentlike fokuspunt van die oud-Wolramme.

 

Die bestuur onder die bekwame leiding van Nici Smith het verskeie projekte aangepak, waarvan die kermis en interskole die grootste was.

 

Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning by altwee geleenthede. Die unie het ook die skool gehelp met die opgradering van die tennisbane en die lê van die plaveisel in die vierkant, voor die saal en langs die tennisbane.

 

Die bestuur het vyf bestuursvergaderings gehou en een algemene jaarvergadering.

 

Daar is 1005 oudskoliere se besonderhede op ons databasis en ek wil ‘n beroep op alle oudskoliere doen om hul inligting aan die skool te stuur sodat ons die databasis kan uitbrei.

 

Ons doen verder weer ‘n beroep op die oudskoliere, ouers en alle ondersteuners om hul ledegeld van R300 per jaar te betaal en hul persoonlike besonderhede op die databasis op te dateer indien dit verander.

 

Daar het vanjaar twaalf groepe reϋnie gehou. Die oudste groep was die 1958-groep wat nou 60 jaar uit die skool is.

 

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die bestuur alle voorspoed toe te wens met hul werk in 2019 en ek wil die oudskoliere bedank vir hul lojaliteit en ondersteuning teenoor die skool.

 

WEB DEVELOPMENT BY