ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool

Meer as net 'n skool

 

Perdesport

Duan Steyl het vanjaar aan verskeie uithouritkompetisies deelgeneem en homself baie goed van sy taak gekwyt. Duan het vir spanne soos die Vrystaat en ERASA Junior Ontwikkelingspan deelgeneem. Duan was dan ook die kaptein van die ERASA Ontwikkelingspan. Die span neem deel in Wolmaransstad, by die SAIC kompetisie, teen lande soos Namibië en Botswana. Duan behaal as individuele ruiter ‘n algehele 6de plek en sy span ‘n 2de plek in die junior afdeling. Daarna gaan neem Duan deel aan die Fauresmith Uithouritkompetisie en behaal ‘n 17de plek. Duan word na die kompetisie gekies vir die Protea Junior span. Hy gaan neem deel in Walvisbaai teen Namibië.

 

Gert-Peet Visser word vanjaar gekies vir die ERASA Junior Ontwikkelingspan wat deelgeneem het aan die Fauresmith Uithourit. Gert-Peet presteer al vir ‘n paar jaar in uithouritte en het ook die Vrystaatspan al verskeie kere verteenwoordig.

 

Jacques Esterhuizen het vanjaar goed in gymkana presteer. Jacques word in 2017 reeds gekies om OP se 0/19 span te verteenwoordig by die Nasionale kampioenskappe wat in Desember verlede jaar plaasgevind het. Na die byeenkoms word hy gekies om die Protea 0/19 Ontwikkelingspan te verteenwoordig by ‘n kompetisie wat vanjaar in Junie plaasgevind het op Beaufort-Wes. Spanne soos Brittanje, Protea, President seuns en President meisies het teen mekaar deelgeneem. Die Ontwikkelingspan vaar goed en klop tydens die kompetisie vir Brittjane en selfs ook die Proteaspan.

 

DC McGregor presteer ook goed in gymkana. Hy het as kaptein van die OP 0/14 span vir die provinsie aan die einde van verlede jaar in Tarkastad deelgeneem. DC het vanjaar ook vir die OP 0/14 span deelgeneem aan verskeie kompetisies en goed presteer. Hy word gekies vir die Protea 0/14 span wat gaan deelneem het in Beaufort-Wes. Tydens die Beaufort-Wes gymkanakompetisie wen die Protea 0/14 span die algehele kompetisie. Hulle klop die 0/14 en 0/19 spanne van Brittanje, Protea Ontwikkelingspan, President seuns- en President meisiespanne. DC behaal ook die beste puntetelling van al die deelnemers in die Protea 0/14 span.

 

 

WEB DEVELOPMENT BY