hoof@marlow.co.za
048 881 3121

ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool
Meer as net 'n skool
Marlow het vanjaar ‘n goeie rugbyseisoen beleef. Die seuns speel altesaam 115 wedstryde en wen 59 wedstryde. Die skool het vanjaar 11 rugbyspanne in die veld gestoot en al die spanne het goeie rekenskap van hulself gegee. Baie geluk aan Marlow se 3de en 5de spanne wat die seisoen onoorwonne afsluit. Die eerste span se gemiddelde telling vir die 17 wedstryde wat hulle gespeel het, is 34.5 – 20.8. Marlow spog vanjaar met 20 provinsiale rugbyspelers nl. Nevaldo Fleurs (onderkaptein), JJ Human, Marno Beyl, Johan Swart, Jaco Vorster, Claude Jacobs en Vivian Kapp wat vir die OPP 0/18 Cravenweekspan gespeel het. Hlumelo Gumatana, Juan Venter en Marikus Botha het vir OPP se 0/18 Akademie span diens gedoen. AJ Lamprecht, Troy Delport, Johannes Erasmus en Ambesa Zenzile het goeie rugby vir OP se 0/16 Grant Khomo span gespeel. Daar was ook vanjaar weer ‘n OP 0/16 Uitnodigingspan en Wiehann Pretorius het baie goeie rugby in Frankfort gespeel. Dieter Lategan (kaptein), Daniel Ash, Bennie van Niekerk, Tiaan van der Merwe en Christoff Drake het vir OPP se 0/19 Uitnodigingspan, aan die Reitzweek deelgeneem. Marlow is trots op al hierdie seuns se prestasies. Marlowrugby is dankbaar vir sy goeie afrigtingspan wat die elf spanne met entoesiasme afrig. Dit verg baie organisasie en toewyding. Dankie ook aan elke ouer en ondersteuner wat Marlow so mooi ondersteun het gedurende hierdie seisoen.