ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool

Meer as net 'n skool

 

Silhoeëtte skiet

Die skuts het tydens dié jaar aan vier kompetisies deelgeneem naamlik die OP Ope kampioenskappe, Vrystaat Ope , Die OP Classic asook die Suid Afrikaanse Metaalsilhoeëtskiet Nasionale kampioenskappe in Bloemfontein.

 

Ten spyte van strawwe kompetisie het die seuns goeie uitslae behaal, somtyds in die ope en senior kategorieë.

 

Die leerlinge het aan verskeie items deelgeneem onder andere, kleinkalibergeweer, kleinkaliberhandwapen asook windgeweer en windpistool.

 

Twee van Marlow se skuts is genooi na die Protea proewe in Bloemfontein wat ‘n beloning was vir twee jaar se konstante goeie tellings en harde werk.

 

JC Carelsen (Trigger) en Tiaan Scheepers (Popeye) het baie goed gevaar tydens hierdie proewe maar ongelukkig word net drie junior skuts gekies.

 

Popeye word in die span opgeneem vir deelname aan die Wêreld Silhoeëtskiet Kampioenskappe in Sipoo Finland.

 

Popeye het uitsonderlik gevaar tydens die kompetisie en het tweede gekom in die junior klas.

 

Wat sy prestasie meer merkwaardig maak, is dat hy `n algehele 17de plek uit 69 skuts behaal het en dit as junior.

 

Mnr Benninghoff Siebert was die spanbestuurder van hierdie span.

 

Vier van Marlow se skuts het aan die 2018 Nasionale Metaalsilhoeëtskietkampioenskappe deelgeneem op die Bloemfontein Metaalsilhoeët skietbaan.

 

Die volgende seuns is vir die OPMSSV spanne gekies:

JC Carelsen, Tiaan Scheepers, Dandre Bezuidenhout en Arno Steyn.

 

 

WEB DEVELOPMENT BY