ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool
048 881 3121 marlow@isat.co.za Meer as net 'n skool
Die skaakklub kom elke Donderdagaand in die skoolbiblioteek bymekaar om te oefen. Daar is ongeveer 20 leerders wat gereeld oefenspelle speel en mekaar daag vir ‘n plek op die skaakranglys. Daar vind elke kwartaal interskole toernooie plaas wat gereël word deur verskillende skole in die streek. Drie keer ‘n jaar is daar die geleentheid vir skaakspelers om deel te neem aan skaakproewe. Die beste spelers in die streek word dan gekies vir die Chris Hani-span wat in Desember deelneem aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe. Malow neem sedert 2007 elke jaar deel aan die Grey Kollege Uitnodigings-skaaktoernooi waar hulle kompeteer met die beste jong skaakspelers in Suid-Afrika. Awaldé Grobler (gr.11) is bo aan die Marlow skaakranglys en is ook kaptein van die span. Hy deel graag sy kennis en vaardighede met leerders wat wil leer om skaak te speel.