ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

Marlow Landbouskool

Meer as net 'n skool

 

Tweekamp

Marlow se tweekamp is baie gesond en baie seuns neem deel.

 

Ongelukkig speel die klimaat en seisoene ‘n groot rol in die sport en is dit tot aan die einde van Oktober nog te koud vir die seuns om werklik met swemoefeninge te begin.

 

Dit plaas groot druk op die atlete en beteken dat ons altyd met ‘n agterstand teen die atlete in Port Elizabeth moet deelneem.

 

Tog is Dillan Swanepoel, CJ Vermaak en Deandré van der Merwe gekies vir die OP span na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. 18 Atlete het hierdie jaar provinsiale kleure verwerf.

 

Marlow verower dan ook OP-interskolebeker vir 2018.

 

Vanaf 2018 is Izak Hattingh die skool se swemafrigter. Hy rig elke middag tweekamp- en swemmers by die skool af.

 

 

 

 

 

 

 

Marlow se swem het vanjaar baie gegroei onder die bekwame leiding en goeie afrigting van mnr Izak Hattingh.

 

Daar is heelwat seuns wat elke dag afrigting ontvang en ons glo dat hierdie sport baie goeie resultate in die toekoms gaan lewer.

 

Marlow se swemmers het aan die Karoo Swemgala deelgeneem en ook aan verskeie B-liga galas.

 

Izak Hattingh(Jnr) het vanjaar besonder goed presteer. Hy het gekwalifiseer vir die Nasionale Vlak 2 swemgala.

 

Hierdie gala het in die Aprilvakansie op Oudtshoorn plaasgevind en Izak het as lid van die Infinity klub van PE deelgeneem.

 

Izak het deurgedring na die finaal in al die items waarvoor hy gekwalifiseer het.

 

Hy wen die 50m vlinderslag, behaal ‘n 2de plek in die 50m rugslag, eindig 3de in die 50m vryslag, kom 3de in die 100m vryslag en kom 3de in die 4 X 50m vryslagaflos.

 

 

 

Swem

WEB DEVELOPMENT BY