ONTVANG ONS NUUSBRIEF

 

 

Marlow Landbouskool
048 881 3121 hoof@marlow.co.za Meer as net 'n skool
Leerlingraad prefekte Die rol wat die perfekte op Marlow speel in die normale verloop van dag tot dag, kan nie gering geskat word nie. Reeds in Desember kom hulle jaarliks bymekaar om te beplan, te bespreek en te organiseer om van Marlow ‘n sukses te maak. Dit is in ’n groot mate die prefekte wat verantwoordelik is vir die dissipline en groepsgees in die skool. Hulle moet sorg dat Marlow se karakter behoue bly. Daar word van hulle verwag om nie net in die skool én koshuis diens te doen nie, maar om ook te motiveer, te dissiplineer, te ondersteun en te alle tye lojaal te wees aan die skool en medeleerlinge. Dit is totaal en al anders as by die meeste ander skole waar prefek-wees maklik en stresvry is.