- 048 881 3121
- hoof@marlowlandbou.co.za
- Mon - Fri: 08:00 - 14:00
Die skaap-en-wol afdeling is die grootste afdeling by Marlow. Ons bied verskillende kursusse en gebeurtenis aan. Die leerders ontvang opleiding in die klas van wol en bokhaar. Die leerders doen ‘n bokhaarskool en wolskool vir opleiding wat baie opwinding verskaf. Die skeerkursus is ook ‘n baie gewilde maar moeilike kursus wat aangepak word. Die leerders gaan ook op ‘n wol toer wat leerders wys hoe wol verwerk en hoe die proses volg tot waar jy die woltrui kan aantrek. Ons bied vir die leerders ‘n geleentheid om hulle self te bekwaam in ‘n rigting wat geen ander skool bied nie.
– Wolskool
– Bokhaarskool
– Skeerkursus
– Merino beoordeling
– SA Vleis merino beoordeling
– Sybok beoordeling
– Dormer beoordeling
– Dohne merino beoordeling
– Skaap hanteringskursus
– Afrino skaap beoordeling
– Boerbok beoordeling
– Wol toer
Gewasproduksie word hoofsaaklik in twee afdelings teoreties en prakties behandel. Alhoewel dit nie die enigste twee afdelings is wat prakties by Marlow behandel word nie.
Ons fokus in Gr.10 tot 11 op Mielieverbouing en Lusernproduksie. Hier word daar in diepte gekyk na die agronomie van die plante, grond voorbereiding, grond analise, siekte- en peste beheer en identifikasie. Bemesting en kultivar keuses word ook gedoen, en baie praktiese ervaring, wat op die plaas gedemonstreer word deur saad en kunsmis maatskappye wat in noue kontak met Marlow saam werk. Die ekonomiese belange en die impak van landbou op die besigheid sektor is ook gedek in die modules.
Alhoewel ons hoof fokus op mielies en lusern is, beskik die plaas ook oor `n pekanneut plantasie, waar daar ook prakties gedoen word met die leerders.
Marlow gee ook blootstelling aan die seuns ten opsigte van aangeplante weidings. Hier is gedurig kunsmis en saad proewe, wat die leerders die geleentheid gee om die verskille te obseveer.
Ons het ook onlangs met groente produksie in tonnels begin, waarby die leerders intensief betrokke is.