- 048 881 3121
- hoof@marlowlandbou.co.za
- Mon - Fri: 08:00 - 14:00
Jy kan jou seun die geleentheid gee om te ontwikkel en te groei volgens ‘n leefstyl wat nêrens anders gekry word nie. Marlow bied ‘n veilige omgewing en plattelandse waardes in harmonie met God se skepping.
Waardegedrewe onderwys met die klem op persoonlike prestasie word aangevul met doeltreffende buitemuurse aktiwiteite en sport met maksimum geleenthede. Puik tradisies en gesonde ontspanning bou aan selfbeeld en maak jou seun gereed om suksesvol die lewe na skool te betree.
Ontspanning is ook ontwikkeling en is net so belangrik soos akademiese- en buitemuurse prestasies. By watter skool kan seuns nog speel en ontwikkel langs ‘n standhoudende rivier, visvang, met binnebande dryf of net gesellig saam braai en kuier saam met vriende van sy portuur?
Hoër Landbouskool Marlow beskik oor drie koshuise waarin al ons leerders tuisgaan, Huis Sarel Brandt, Huis Willie Michau en die Braam Mulder Anneks. Die koshuise word hanteer en bestuur deur die koshuisbestuurder, Mev Girda Siebert, tesame met 3 koshuisvaders, , 2 koshuismatrones en ‘n washuismatrone en 16 koshuispersoneellede. Die kamer grotes van alle koshuise varieer tussen 1,2, 4, 6 , 8 en 10 man kamers, afhangende van die koshuis.
Huis Sarel Brandt huisves leerders van graad 11-12. Die koshuis is bekend as die senior koshuis en word streng gehanteer deur die koshuisvader, mnr Dale de Wet. Die koshuis het 6 assistant personeellede wat om die beurt in die week saam met die koshuisvader dissipliene en roetine handaaf. Hulle doen ook naweekdiens om te verseker die inwonende leerders gemonitor en veilig gehou word.
Huis Willie Michau huisves meestal leerders van graad 8 en 10. Die koshuis het ook versekie leerders van ander grade omrede die koshuis die meeste leerders kan akkommodeer van die drie koshuise. Die koshuis is bekend as die junior koshuis en word deur die koshuisvader, Mr. Derick Olivier bestuur. Die koshuis het ook 6 assistant personeellede soos Huis Sarel Brandt wat self om die beurt in die week hul diens voltooi.
Die Braam Mulder Anneks huisves leerders van graad 9. Die koshuis word bestuur deur Mnr Luigy van Jaarsveld. Die Braam Mulder Anneks val onder die diensrooster van Huis Sarel Brandt alhoewel die koshuis nie fisies aan die senior koshuis verbind is nie.
Koshuisinwoning is verpligtend vir al ons leerders weens die tradisie, aard en ligging van ons skool.
Sonder onderwysers sal die wêreld geen klas hê nie.
Skoolhoof
Wiskunde
Adjunkhoof
Fisiese Wetenskappe
HOD
Afrikaans HT
HOD
English FAL
HOD
Landboubestuurspraktyke
Landbouwetenskappe
Landboustudies
HOD
Landboutegnologie
Landboubestuurspraktyke Afrikaans
Vakhoof
Wiskunde
Opvoeder
Besigheidstudies
Toerisme
EBW
Opvoeder
Wiskundige Geletterdheid
Sosiale Wetenskappe
Lewensoriëntering
Opvoeder
Lewensoriëntering
English FAL
Opvoeder
English FAL
Afrikaans HT
Lewensoriëntering
Opvoeder
Rekeningkunde
EBW
Opvoeder
Besigheidstudies
Rekenaartoepassingstegnologie
Lewensoriëntering
Tegnologie
Opvoeder
Natuurwetenskappe
Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid
Biokinetikus
Opvoeder
Lewenswetenskappe
Natuurwetenskappe
Wiskundige Geletterdheid
Opvoeder
Landboutegnologie
IGO
Opvoeder
Landbouwetenskappe
Lewensoriëntering
Landboustudies
Bemarker
Aansoeke
Borge
Sosiale Media
Fishriver Trust
Administratiewe Beampte
Finansies
Administratiewe Beampte
SASAMS
Finansies
LSEN
Administratiewe Beampte
Sekretarieel
Administratief
Sporthoof
Superintendent
- Huis Willie Michau
Hoof van Rugby
Bemarker
Kondisioneerder
Lewensoriëntering
Superintendent
- Braam Mulder Anneks
Kondisioneerder
Lewensoriëntering
Superintendent
- Braam Mulder Anneks
Boerdery- & Terreinbestuurder
Administratiewe Beampte
Boerdery
Landbou-afdelingsbestuurder
Jeugskou
Junior Landbouvereniging
Koshuisbestuurder