Hoër Landbouskool Marlow

Marlow Agricultural High School

ONS SKOOL

By Marlow kry jou seun die geleentheid om te groei en te ontwikkel binne ’n unieke leefstyl wat min skole kan bied. Ons skool bied ’n veilige omgewing waar plattelandse waardes, karaktervorming en respek vir God se skepping deel vorm van elke dag.

Marlow se waardegedrewe onderwys plaas klem op persoonlike groei, akademiese prestasie en die ontwikkeling van elke seun se volle potensiaal. Dit word aangevul deur ’n sterk buitemuurse program, gesonde kompetisie en sportgeleenthede waar elke leerder die kans kry om deel te neem, te presteer en te behoort.

Ons glo dat ontspanning ook ’n belangrike deel van ontwikkeling is. By Marlow leer seuns nie net in die klaskamer of op die sportveld nie, maar ook deur vriendskap, avontuur en gesonde plattelandse ervarings. Waar anders kan seuns langs ’n standhoudende rivier speel, visvang, met binnebande dryf, braai en kuier saam met vriende van hul eie portuur?

Hier bou ons aan selfvertroue, karakter en lewensvaardighede – sodat elke Marlow-seun met trots, geloof en gereedheid die lewe ná skool kan betree.

Aansoekvorm

Sakpasgids

Graad 8 Vakke (Alle vakke is verpligtend)

Afrikaans Huistaal, English FAL, Wiskunde, Landboustudies, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Ekonimiese en Bestuurswetenskappe, Tegnologie en Lewensoriëntering

Slaagvereistes: 50% vir Afrikaans Huistaal ; 40% vir English FAL; 40% vir Wiskunde; 40% vir 3 leervakke en 30% vir nog twee leervakke

GR 10 - 12 VAKKEUSES

Verpligte Vakke 
  • Afrikaans Huistaal
  • English First Additional Language
  • Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid
Keusevakke
  • GROEP 1: Landbouwetenskap
    Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO)
    Rekeningkunde
    Toerisme
  • GROEP 2: Landboutegnologie
    Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
    Fisiese Wetenskappe
  • GROEP 3: Landboubestuurspraktyke (LBP)
    Besigheidstudies
    Lewenswetenskappe

Graad 10 – 12 Slaagvereistes: 

Moet Afrikaans Huistaal met ten minste 40% slaag.

Moet twee ander vakke met ten minste 40% slaag.

Moet drie ander vakke met ten minste 30% slaag

Leerlinge kan ‘n landbougerigte óf
‘n volle akademiese rigting volg.

Previous slide
Next slide

Koshuis

Hoër Landbouskool Marlow beskik oor drie koshuise waarin al ons leerders tuisgaan,  Huis Sarel Brandt, Huis Willie Michau en die Braam Mulder Anneks. Die koshuise word hanteer en bestuur deur die koshuisbestuurder, Mev Girda Siebert, tesame met 3 koshuisvaders, , 2 koshuismatrones en ‘n washuismatrone en 16 koshuispersoneellede. Die kamer grotes van alle koshuise varieer tussen 1,2, 4, 6 , 8 en 10 man kamers, afhangende van die koshuis.

Huis Sarel Brandt huisves leerders in graad 11-12. Die koshuis is bekend as die senior koshuis en word streng gehanteer deur die koshuisvader, mnr Dale de Wet. Die koshuis het 6 assistant personeellede wat om die beurt in die week saam met die koshuisvader dissipliene en roetine handaaf. Hulle doen ook naweekdiens om te verseker die inwonende leerders gemonitor en veilig gehou word.

Huis Willie Michau huisves meestal leerders van graad 8 en 10. Die koshuis het ook versekie leerders van ander grade omrede die koshuis die meeste leerders kan akkommodeer van die drie koshuise.  Die koshuis is bekend as die junior koshuis en word deur die koshuisvader, Mr. Derick Olivier bestuur. Die koshuis het ook 6 assistant personeellede soos Huis Sarel Brandt wat self om die beurt in die week hul diens voltooi.

Die Braam Mulder Anneks huisves leerders van graad 9. Die koshuis word bestuur deur Mnr Luigy van Jaarsveld. Die Braam Mulder Anneks val onder die diensrooster van Huis Sarel Brandt alhoewel die koshuis nie fisies aan die senior koshuis verbind is nie.

Koshuisinwoning is verpligtend vir al ons leerders weens die tradisie, aard en ligging van ons skool.

Daaglikse Roetine

Marlow Personeel

Sonder onderwysers sal die wêreld geen klas hê nie.

Graham
Bellingan

Skoolhoof
Wiskunde

Lukie
Beukes

Adjunkhoof (HOD)
Lewenswetenskappe / Tegnologie / Lewensoriëntering

Carin
Greyling

HOD
Afrikaans HT

Zannel
Keogh

HOD
Landboubestuurspraktyke
Landbouwetenskappe
Landboustudies

Tjaart
Aucamp

HOD
Landboutegnologie
Landboubestuurspraktyke Afrikaans

Alet
Naudé

HOD
Biokinetikus
Opvoeder
Lewenswetenskappe
Natuurwetenskappe Wiskundige Geletterdheid

Franna
Britz

Vakhoof
Wiskunde

Nicoli
Britz

Opvoeder
Besigheidstudies
Toerisme
EBW

Human
Carstens

Opvoeder
Wiskundige Geletterdheid
Sosiale Wetenskappe
Lewensoriëntering

Zené
de Waal

Opvoeder
Lewensoriëntering
English FAL

Nerina
Fourie

Opvoeder
Rekeningkunde
EBW

Elné
Kotzé

Opvoeder
English FAL
Afrikaans HT
Lewensoriëntering

Anri
Jacobs

Opvoeder
Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe
Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering

Jana
Meyer

Opvoeder
Natuurwetenskappe
Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid

Benninghoff Siebert

Opvoeder
Landboutegnologie
IGO


Rikus
van Dyk

Opvoeder
Landbouwetenskappe
Lewensoriëntering
Landboustudies

Vicky
Scheepers

Bemarker
Aansoeke
Borge
Sosiale Media
Fishriver Educational Trust

Belinda
Vorster

Administratiewe Beampte
Finansies

Anzel
de Koker

Administratiewe Beampte
SASAMS
Finansies

Synetta
Stone

Administratiewe Beampte
Sekretarieel

14

Derik
Olivier

Sporthoof
Superintendent
- Huis Willie Michau

1

Gerrit
Myburgh

Hoof van Rugby
Bemarker

Dale
de wet

Kondisioneerder
Lewensoriëntering
Superintendent
- Huis Sarel Brandt

Luigy
van Jaarsveld

Kondisioneerder
Lewensoriëntering
Superintendent
- Braam Mulder Anneks

23

Henry
van Niekerk

Boerdery- & Terreinbestuurder

Adri
Blignaut

Administratiewe Beampte
Boerdery

Girda
Siebert

Koshuisbestuurder

Jan Greyling

Jan
Greyling

Administratief